Saturday 1 October 2011

Thank you's

I just wanted to post the funeral thank you's here for everybody to see. 

Die volgende mense het vir ons baie beteken in hierdie tyd. Ons is opreg dankbaar.
 
 • Die dokters by Sunninghill hospitaal:
 Die ginekoloog, Dr O'Hanlon, wat vinnig en wys opgetree het voor en met Tabitha se geboorte
 Die Pediaters - Dr Pillay, Dr Swanepoel en Dr Nunes. Baie dankie ook vir die pragtige ruiker.
 Die Neuroloog - Dr Wilson
 Die Neuro chirurg - Dr Marus
 Hierdie mense doen 'n ongelooflijke werk en het alles menslik moontlik gedoen om Tabitha die beste kans op lewe te gee.

• Die NICU verpleegsters. Sister Kumari en haar span het 'n wonderlike werk gedoen om dag in en dag uit na Tabitha om te sien

 • Sister Lorna, wat Adele die eerste aand versorg het en 'n goeie vriend geword het. Sister Rose vir al die drukkies, bemoediging en skouer om op te huil. En Brenda, die deurwag, wat ons weer gewys het wat dit beteken om regtig te bid.

 • Wessel se IDC Kollegas vir hul ondersteuning en Riaan vir sy toegeeflikheid t.o.v. werksure wanneer dinge moeilik was

 • Ons famílie vir julle oneindige liefde en ondersteuning

 • Ons vriende wat ons op 'n wonderlike wyse begestaan het en steeds bystaan. Ons is geseend met so baie mense wat gereeld aangebied het om enigeiets vir ons te doen, wat kos, blomme en presente aangedra het. Elke oproep, selfs van oorsee, elke kuier, elke sms, email en kaartjie het vir ons so baie beteken.

• Ilse wat ons aangeraai het om hospitaal toe te gaan die dag voor Tabitha se geboorte.

 • Chantelle en Luzaan wat vir Adele 'n pragtige ooievaarstee gereel het onder moeilike omstandighede, 2 weke na Tabitha se geboorte.

 • Almal wat dalk nie naby was nie maar die blog gevolg het en boodskappe van bemoediging en ondersteuning geskryf het.

 • Almal wat deur die tyd nie opgehou het om vir ons en Tabitha te bid nie. Julle gebede is beantwoord. Dit het ons gedra en dra ons steeds.

 • Doug, for conducting the service today and for your friendship and support.

 • Garmond en almal by Finset (www.finset.co.za), wat op kort kennisgewing vir ons die begrafnis pamflette gratis gedruk het.

• Nina Collinge van Collinge & Co. funeral Directors
(www.collinge.co.za)
wat ekstra moeite gedoen het om vandag vir ons so spesiaal te maak. Ons bedoel dit opreg.
 
 • En dan ook aan almal wat moeite gedoen het om vandag hier te wees, en spesiaal aan almal wat van ver gekom het, om julle ondersteuning te wys.
 
 Ons waardeer elkeen se spesiale deel in ons en Tabitha se lewens.

No comments:

Post a Comment